IT ondersteuning vir n klein firma
Uit ander gesprekke het dit deurgeskemer dat van julle in die IT mark bedreiwig is.
Konteks: Ons is 10 mense wat saam aanlynopleiding aanbied. Die eienaar is ook IT hoofkantoor en dit is besig om almal rasend te maak. Ons het iemand anders nodig wat meer weet en meer beskikbaar is. Ons het vir 6m 'n eksterne diens gebruik, maar dis duur en hulle kan nie altyd ons gebruikersvrae beantwoord nie.
Idee: Ons dink daaraan om iemand aan te stel wat deeltyds on M365 admin en algemene hulp kan wees. Die persoon kan vd huis af werk, maar moet ons kan help wanneer ons hom nodig het. Eerste prys sal natuurlik ook iemand wees wat kan help met die studios se beligting, kameras en klank.
Waarvoor moet ons soek? 'n Jonger persoon wat dit kan doen tussen ander werk of studies deur. 'n Ouer persoon wat iets soek om hom besig te hou.
Waar dink julle moet ons adverteer om die beste kandidaat te kry? LinkedIn?
Dankie vir julle idees...