u/Low_Cut_368

Opsoek na (aanlyn-)vriende en meer blootstelling aan suiwer Afrikaans

Laat ek net een ding voorweg sê: as jy iemand is wat met jou oë rol as mense ouer, suiwer afrikaanse woordeskat en uitdrukkings gebruik, scroll maar gerus verder, hierdie sal dan dalk nie vir jou wees nie, want dis presies waarna ek opsoek is.

Ek (M25) bly naamlik oorsee en het onlangs begin opmerk dat ek met my eie taalgebruik ontevrede raak. Ek weet nie of dit as gevolg van my eie luiheid, familie-invloed of net te min blootstelling is nie, maar ek betrap myself weer en weer soos ek engelse woorde ingooi of n sin bou wat net nie lekker klink nie. Dit is iets wat my regtig pla en waaraan ek graag wil werk voordat ek en my vrou oor ‘n paar jaar terugtrek SA toe en kinders kry.

reddit.com
u/Low_Cut_368 — 1 day ago